
Waarom deelneem ?
‘n Streng evalueringsproses deur gerespekteerde beoordeelaars vanoor die hele wêreld
As erkende maatstaf vir wyn- en spiritskompetisies wêreldwyd, fokus CMB op verskeie belangrike aspekte -
• Wêreldwye erkenning van, en respek vir, CMB toekennings;
• Die uiteenlopendheid en professionalisme van CMB se proepanele, wat objektiewe resultate waarborg en die kompetisie se uitstekende reputasie te alle tye handhaaf.
• CMB voeg tasbare en bruikbare bemarkingswaarde toe tot hul toekennings, waaronder ‘n analise en aromawiel van elke produk wat geproe is (ongeag medalje-status).
• Die promosie van bekroonde produkte via CMB se internasionale media netwerk.
• Laastens, in moeilike ekonomiese tye, vereis CMB van produsente slegs drie (3) bottels wyn en twee (2) bottels gedistilleerde spirits per inskrywing.
‘n Internasionale promosie hulpmiddel
‘n Aromawiel, sowel as ‘n gedetaileerde beskrywing van alle wyne en spirits wat ingeskryf is, kan na afloop van die 2024 kompetisie van die webwerf afgelaai word. Hierdie inligting is ‘n waardevolle hulpmiddel in die bemark en verkoop van elke wyn, sowel as uitstekende produk inligting vir die produsent.

Deur die kompetisie elke jaar in ‘n verskillende wynstreek aan te bied, word sigbaarheid van die kompetisie en die wenners verhoog. Die meriete van elke gasheer-land word deeglik ondersoek met die fokus op groeiende markte, beide vir die produksie en verbruik van wyn.

‘n Opgeleide, professionele CMB skakel- en media-span bemark die kompetisie en doen promosies van wenners dwarsdeur die jaar. Die span ontwikkel gespesialiseerde kommunikasie-veldtogte vir ‘n verskeidenheid gehore, wat fokus op bekroonde wyne en spirits.

CMB vorm venootskappe met media maatskappye en nuusagentskappe in verskillende lande, wat deurlopende globale blootstelling van die bekroonde wyne waarborg.

Ons gee blootstelling aan die kompetisie en wenners by die wêreld se voorste handelskoue en media geleenthede soos toekennings seremonies, Prowein, Vinitaly, Wine Paris-Vinexpo, Megavino asook in Guiyang en Beijing.

Die toenemende wêreldwye erkenning van die CMB handelsmerk, maak markte oop vir nuwe internasionale market, veral in Asia.

Die konsep van A Wine Experience by CMB word tans ontwikkel, met opening van CMB Wine Bars en CMB Wine Corners in stede en op lughawens wêreldwyd. In Mexicostad is reeds ‘n CMB Wine Bar gevestig, en ‘n CMB Wine Corner op die stad se lughawe.
Word deel van die kompetisie !
Om aan-lyn in te skryf, is die eenvoudigste en vinnigste! Ons span sal jou bystaan waar nodig.