f.a.q

Dikwels gevraagde vrae

Kry nie die antwoord nie ? Vra die span.

Die South Africa Selection by CMB is een van drie nasionale kompetisies vir spesifieke style wat jaarliks deur Concours Mondial de Bruxelles wereldwyd aangebied word. Die kompetisie fokus op Suid-Afrikaans vervaardigde wyne en gedistilleerde produkte, en verwelkom ook inskrywings van produsente in ander Afrika-lande. Hierdie opwindende nuwe kompetisie is Hierdie opwindende nuwe kompetisie is daarop gemik om die beste wyne en spirits te identifiseer en te bekroon, terwyl dit terselfdertyd die Suid-Afrikaanse wyn-kultuur bevorder.

Op sy beurt is die moedermaatskappy, Concours Mondial de Bruxelles, gebaseer in Brussels, België, en bied dit al vir meer as 30 jaar verskeie internasionale kompetisies aan wat fokus op verskillende streke en style in verskeie lande regoor die wêreld. Die maatskappy staan ook informeel bekend as die ‘Verenigde Nasies van die wynbedryf’ en onderskei homself deur integriteit, diversiteit en geloofwaardigheid.

Registrasie en inskrywingsdetails is hier beskikbaar.

Die spertye vir die inskrywings en aflewering van monsters is hier beskikbaar.

Besonderhede oor monsteraflewerings is hier beskikbaar.

  • Twee kopieë van die inskrywingsvorm is nodig vir elke inskrywing. Plaas asseblief een binne die karton en plak die tweede buite-op vir identifiseringsdoeleindes.
  • WSR2 of WSR4 vorms word benodig vir wyn-inskrywings en onafhanklike laboratorium analises vir gedistileerde produkte. Inskrywingsvorms mag binne die kartonne saam met die inskrywings geplaas word, of elektronies gestuur word saam met die inskrywingsvorms.

Ja, ons aanvaar ongebottelleerde en onge-etiketeerde wyne, asook tenk- en vat-monsters.

  • Tydelike duidelik hand-geskrewe of rekeneaar-gedrukte etikette moet op elke bottel aangebring word, met die volgende inligting: Produsent/Kelder; Naam van die produk, variëteit of versnit en oesjaar.
  • Alle tenk- of vat-monsters moet vergesel word van ‘n WSR2 of WSR4 sertifikaat of ‘n analise van ‘n onafhanklike laboratorium. Ander voorwaardes mag geld.
  • Likeur en ander gedistileerde inskrywings moet vergesel word van ‘n analise met volledige inligting oor die inhoud asook toepaslike tegniese detail.
  • Voltooide inskrywingsvorms, sertifiseringsdokumente, bewys van betaling en die produk/te wat ingeskryf word, moet die organiseerders bereik voor of op Woensdag, 31 Julie 2024
  • Completed entry forms, certification documents, proof of payment of entry fees and samples should reach the organisers by the end of the last day for registration.

Ja. ‘n Faktuur sal uitgereik word deur Concours Mondial de Bruxelles binne enkele dae van ontvangs van betaling. Die epos adres op die Registrasie en inskrywingsvorms sal gebruik word.

Ja, die inskrywing sal aanvaar word. Jy mag enige tyd weer jou CMB rekening oopmaak en bykomende inligting laai, soos ‘n foto van die bottel, die chemiese analise of die bewys van betaling.

Let asb daarop dat alle ondersteunende dokumente minstens een week voor aanvang van die kompetisie in CMB se besit moet wees. Dokumente vir die 2024 kompetisie in Suid-Afrika moet dus nie later as 10 September ingedien word nie, aangesien die beoordeeling van inskrywings op 18 September begin.

Die uitslae sal gepubliseer word op die South Africa Selection webwerf binne een week na die voltooiing van die beoordeling.

Dit sal opgevolg word deur ‘n toekenningsfunksie in Kaapstad – die datum en verdere inligting sal in September aangekondig word.

Meer besonderhede hier.

Word deel van die kompetisie !

Om aan-lyn in te skryf, is die eenvoudigste en vinnigste! Ons span sal jou bystaan waar nodig.