Internasionale swaargewig vestig in Suid-Afrika – Concours Mondial de Bruxelles (CMB) open vir 2024 inskrywings!

Internasionale swaargewig vestig in Suid-Afrika – Concours Mondial de Bruxelles (CMB) open vir 2024 inskrywings!

Registrasie en aan-lyn inskrywings open op 1 Junie vir die eerste South Africa Selection by Concours Mondial de Bruxelles (https://www.southafricaselection.com/en/registrations/)

Maar waarom behoort produsente vir hierdie kompetisie in te skryf?
Concours Mondial de Bruxelles (CMB) is een van die wêreld se drie mees gerespekteerde en gesogte wyn en spirits kompetisies, tans in sy 31ste jaar. Vroeg in 2024 het CMB in België vir Lorraine Immelman as Direkteur aangestel met die verantwoordelikheid om ‘n nasionale wyn en spirits kompetisie in Suid-Afrika te vestig onder die CMB se vaandel.

Deelname aan hierdie werklik internasionale kompetisie skep nie net geleenthede vir plaaslike produsente om hul produkte op ‘n globale platform blootstelling te gee nie, maar  posisioneer ook ons plaaslike produkte op internasionale markte,” sê Lorraine.

CMB se beoordeelaars is soveel meer as professionele proeërs – hulle is ook aankopers en besluitnemers in die plaaslike en internasionale kleinhandel en gasvryheidsbedryf, invloedryke joernaliste en wynkundiges wie tasbare waarde voeg by bekroonde CMB wyn en spirits.

Verder sluit ons vennote en borge bedryfsspesialiste in soos markleiers Multi Color Corporation wie ons unieke 3D dubbelgoud, goud en silwer medalje-plakkers  druk, asook Getwine, Suid-Africa se premium aan-lyn wynwinkel, wie ons bekroonde wyne en spirits via hul wye netwerk verbruikers sal bemark.”

Vanjaar se beoordeelaarspaneel verteenwoordig sowat 15 lande, en sluit onder meer die volgende invloedryke proeërs in:

  1. James Posthumus, Snr Spirits Aankoper: Woolworths Suid-Afrika;
  2. Katie Bailie, Snr Wyn Aankoper: Woolworths Suid-Arika;
  3. Thomas Hostettler: Direkteur van wyn aankope: SPAR en TCC Switzerland;
  4. Manuel Negrete: Sommelier en Direkteur by Concours Mondial de Bruxelles Wine Bar, Mexico;
  5. Kurt Schlechter: Benoem as een van die wêreld se mees invloedryke individiue in die drankbedryf, en meesterbrein agter die CauseEffect konsep in Kaapstad;
  6. Petri Houweling: Hoofredakteur van Winelife in Nederland;
  7. Mare-Loe Prinsloo: Hoof van Intrinsic: Heineken Suid-Arika;
  8. Mark Philp: Kaapse Wynmeester.

CMB bied beide deelnemers en wenners tasbare waarde, wat die volgende insluit:

  • gefokusde, bruikbare terugvoer van die beoordelingspanele op elke produk wat ingeskryf en geproe is. Dit sluit in ‘n Aroma Wiel, asook ‘n gedetailleerde analise met toepaslike inligting vir die ondersteuning van bemarkingsveldtogte;
  • Die unieke Wine and Spirits Experience by CMB konsep is ontwikkel met die opening van CMB se eerste Wine Bars en Wine Corners in stede en lughawens regoor die wêreld (insluitend Mexiko stad en Tokio). Hierdie proelokale fokus uitsluitlik op blootstelling aan CMB bekroonde produkte wêreldwyd;
  • die CMB media span gee blootstelling aan CMB bekroonde produkte by internasionale wynskoue en geleenthede, wat insluit Prowein, Wine Paris-Vinexpo, Vinitaly en Guiyang.

Belangrike datums:

  • INSKRYWINGS OPEN
    01/06/2024
    INSKRYWINGS SLUIT
    31/07/2024
    AFLEWERING VAN INSKRYWINGS BY LONGRIDGE WINE ESTATE, sOMERSET WES
    31/07/2024
    BEOORDELINGS DATUMS
    18 to 20/09/2024
    RESULTATE AAN-LYN AANGEKONDIG
    26/09/2024

toekenningsfunksie in oktober:

Vir enige ander navrae, kontak graag vir Lorraine Immelman direk op southafricaselection@vinopres.com of lorraine.immelman@vinopres.com, of by Whatapp (027)(0)825568679

Last articles

Internasionale swaargewig vestig in Suid-Afrika – Concours Mondial de Bruxelles (CMB) open vir 2024 inskrywings!
03 Jun 24
Internasionale swaargewig vestig in Suid-Afrika – Concours Mondial de Bruxelles (CMB) open vir 2024 inskrywings!
Concours Mondial de Bruxelles kondig aan die vestiging van ’n permanente nasionale kompetisie in Suid-Afrika
12 Apr 24
Concours Mondial de Bruxelles kondig aan die vestiging van ’n permanente nasionale kompetisie in Suid-Afrika

Kategorieë