Concours Mondial de Bruxelles kondig aan die vestiging van ’n permanente nasionale kompetisie in Suid-Afrika

Concours Mondial de Bruxelles kondig aan die vestiging van ’n permanente nasionale kompetisie in Suid-Afrika

Een van die wêreld se grootste en mees gerespekteerde wyn- en spiritualieë-kompetisies, Concours Mondial de Bruxelles (CMB), vestig vanjaar ‘n nasionale kompetisie in Suid-Afrika onder die globale CMB-handelsmerk. Die eerste South Africa Selection by CMB open vanjaar op 1 Junie vir inskrywings, terwyl die beoordeling van inskrywings sal plaasvind van 17 tot 20 September in Kaapstad.

Concours Mondial de Bruxelles se uitvoerende hoof, Quentin Havaux, het ook die aanstelling van Lorraine Immelman bevestig as Direkteur van die South  Africa Selection by CMB. “Sedert 1997 het sy twee suksesvolle wyn- en spiritualieëkompetisies in Suid-Afrika gestig en bestuur. Met byna 30 jaar se ervaring in die internasionale wyn- en spiritualieë kompetisie bedryf, bring Lorraine ‘n rykdom van kennis en kundigheid na ons span.”

Visie
Na die sukses van die internasionale Concours Mondial du Sauvignon in Franschhoek in Maart 2023, is besluit om ‘n nasionale kompetisie in Suid-Afrika te vestig.

Quentin verduidelik verder, “Ons visie vir die South Africa Selection by CMB is drieledig:

  • om ‘n plaaslike nasionale wyn- en spiritualieëkompetisie te ontwikkel wat aangedryf word deur die invloedryke Concours Mondial de Bruxelles;
  • om ‘n sinergie in Suid-Afrika te skep wat die land se wyne en gedistilleerde produkte op verskeie vlakke aan plaaslike verbruikers sal bevorder, en
  • om nuwe platforms vir die bevordering van Suid-Afrika se produkte wyne en spiritualieë in wêreldmarkte te skep.”

Globale blootstelling op plaaslike terrein
Te midde van ‘n skynbare vloed van plaaslike nuwe wynkompetisies, glo ek dat Suid-Afrika juis nóú ‘n werklik internasionale kompetisie nodig het met die internasionale invloed en erkenning van Concours Mondial de Bruxelles,” sê Lorraine.

Daar is ‘n aantal redes hiervoor:

  • CMB bied produsente werklike waarde vir hul inskrywingsfooie, wat insluit –
    – gefokusde, bruikbare terugvoer van die beoordelingspanele op elke produk wat ingeskryf en geproe is. Dit sluit in ‘n Aroma Wiel, gegenereer deur KI, asook ‘n gedetailleerde analise met toepaslike inligting vir die ondersteuning van bemarkingsveldtogte.
    – CMB se beoordelaars verteenwoordig die beste plaaslike en internasionale kenners. Dit sluit in kleinhandel aankopers, joernaliste, wynkundiges en verteenwoordigers van die gasvryheidsbedryf, wat almal werklike bemarkings-ondersteuning vir bekroonde produkte toevoeg.
  • CMB se unieke Wine and Spirits Experience by CMB  konsep is ontwikkel met die opening van CMB se Wine Bars en Wine Corners in stede en lughawens regoor die wêreld (insluitend Mexiko stad en Tokio). Hierdie proelokale fokus uitsluitlik op blootstelling aan CMB bekroonde produkte wêreldwyd;
  • Concours Mondial de Bruxelles se mediaspanne verseker blootstelling aan alle bekroonde produkte by internasionale wynskoue en geleenthede soos Prowein, Wine Paris-Vinexpo, Vinitaly en Guiyang;
  • Die plaaslike South Africa Selection span sal fokus op die volgehoue bevordering van bekroonde kelders en borge deur ‘n deurlopende, toegewyde mediaveldtog;
  • CMB word bestuur volgens die streng kompetisiereëls soos uiteengesit deur die Europese Unie;
  • Die stelsels en reëls van alle CMB-kompetisies en die toepassing daarvan, word streng geoudit deur die Service Public Fédéral belge de l’Economie (SPFE);
  • Laastens, in ons huidige moeilike ekonomiese tye, versoek CMB slegs drie bottels wyn en twee bottels gedistilleerde spiritualieë per inskrywing, wat aansienlik minder is as die meeste groot kompetisies.

 

Ons globale doel:
CMB streef daarna om die mees gerespekteerde maar ook die mees nougesette wynkompetisie ter wêreld te wees. Ons wil ook vir beide verbruikers en produsente die mees betroubare wynkompetisie bied, met die Concours Mondial de Bruxelles toekenning  ‘n simbool van uitnemendheid op elke bottel,” sê Quentin Havaux.

Ons sien uit daarna om hierdie kompetisie na julle pragtige land te bring, en die internasionale beeld van Suid-Afrika se uitstekende wyne en spiritualieë  te help bevorder.”

  • Vir enige navrae kontak asseblief vir Lorraine direk op southafricaselection@vinopres.com of immelman@vinopres.com

Last articles

Internasionale swaargewig vestig in Suid-Afrika – Concours Mondial de Bruxelles (CMB) open vir 2024 inskrywings!
03 Jun 24
Internasionale swaargewig vestig in Suid-Afrika – Concours Mondial de Bruxelles (CMB) open vir 2024 inskrywings!
Concours Mondial de Bruxelles kondig aan die vestiging van ’n permanente nasionale kompetisie in Suid-Afrika
12 Apr 24
Concours Mondial de Bruxelles kondig aan die vestiging van ’n permanente nasionale kompetisie in Suid-Afrika

Kategorieë